Tuesday 17 December 2013

Beperkinge

Psalm 119 : 96   Ek het ondervind dat alle volmaaktheid perke het, net u gebod het geen begrensing nie.
In die Amplified Bybel lees die teks as volg:  “I have seen that everything [human] has its limits and end [no matter how extensive, noble, and excellent]; but Your commandment is exceedingly broad and extends without limits [into eternity].”

Negatiewe gedagtes hou meeste van ons terug.  Van kleins af word ons aan negatiwiteitl blootgestel.   “Moenie daar vat nie, jy gaan seerkry… Pasop vir die hond, hy byt… Moenie by my kom huil as jy val nie… Jy gaan mors!”  Ja, dis gewoonlik bedoel om die kind te beskerm, maar ons kweek negatiwiteit.  Mettertyd krimp ons wêreldjie en ons waag nie meer nie.
 
Boonop onderwerp ons onsself aan hierdie negatiewe taal en gedagtes.  “Sulke goed gebeur net met my…  Al die robotte is rooi…  Niemand gee om nie…”  Op die ou end glo ons dat ons tot niks in staat is en niks verdien nie.  Ons beperk onsself.  Nou dis goed en wel, maar moenie vir God oor dieselfde kam skeer nie.

Vir God is daar geen begrensing nie.  God kyk nie na jou omstandighede nie, Hy kyk na jou en uit Sy oë straal daar net liefde en omgee.  God bring een onbenullige geleentheid oor jou pad of hy bring die regte mense in jou lewe in en skielik begin deure vir jou oopgaan wat jy nie in jou wildste drome kon voorsien nie.  Open jou gedagtes en droom die onmoontlike.  Vra God dan om vir jou ‘n pad in die woestyn te maak, want dis waarin Hy spesialiseer.

Daardie teks wat sê:  “Julle kry nie omdat julle nie vra nie,” is op meeste van ons van toepassing.  Begin vra – wees  opportunisties. 

As jy enige iets vir die nuwe jaar van God kon vra en weet dat jy dit sal ontvang – wat sal dit wees?


No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...