Monday 16 December 2013

Herprogrameer jou denke

Eksodus 6 : 7-8 Ek sal julle bring na die land toe wat Ek met 'n eed aan Abraham, Isak en Jakob belowe het. Ek sal dit julle eiendom maak. Ek is die Here.” Dit het Moses toe aan die Israeliete vertel, maar in hulle moedeloosheid oor die harde werk het hulle nie na hom geluister nie.

Die volk was vuisvoos.  Hulle was slawe in ‘n vreemde land.  Slawe het dit nie maklik nie.  Hulle werk hard, word geslaan, kry min kos, het geen drome of vooruitsigte nie.   Hulle is so verslaan dat hul nie eens opgewonde kan raak as Moses hul vertel dat God hul gaan bevry nie.  Van hulle het niks anders as slawerny geken nie.

Dalk ken jy ook net swaarkry en voel jy ook oorweldig deur God se beloftes.  Soos die volk kan jy ook nie glo dat jy waardig is om geluk en seen te ervaar nie.   Soos hulle word jy ook teruggehou deur vorige mislukkings, teespoed en sorge.  En onbewustelik breinspoel jy jouself met woorde soos:  “ek sal nooit geluk vind nie…” “hoe kan ek ooit in so ‘n huis bly?  “so ‘n man/vrou sal nooit na my kyk nie…” “ek sal nooit teen hulle kan kompeteer nie…”  Dis tyd dat jy jou denke herprogrameer.  Begin om hierdie stellings om te keer.  “Geluk is so naby, ek kan dit ruik…”  “dis presies waar ek binne die volgende jaar gaan bly…” “hy/sy’s myne… “  “die pos is myne…”

Moenie langer na jou omstandighede kyk nie – kyk na God.  Hy beloof goeie dinge… voorspoed… vooruitgang.    Wees gereed vir ‘n stortvloed van voorspoed.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...