Wednesday 11 December 2013

Here, dis alweer ek

Psalm 25 : 2 my God, op U vertrou ek. Laat my vertroue tog nie tevergeefs wees nie
Ja Here, dis alweer ek en soos soveel kere vantevore, het ek u desperaat nodig, Here;
Nee, darem nie vir roem of eie eer nie, ook nie vir rykdom nie.  Ek is net so mismoedig, Here, want niks wil regloop nie;
Dis nie dat ek wil vra dat u hierdie kruis wegneem nie, Here, maar kan u my asseblief versterk om staande te bly.  My kragte is so min, Here;
Daar is tye dat ek regtig wil boedel oorgee,  maar dan onthou ek al U beloftes;
Here, kan U asseblief al die warrelende gedagtes orden sodat ek duidelik die rigting kan sien;
Neem asseblief my eie slim planne uit my kop en gee my U wysheid in die plek daarvan;
U weet hoe impulsief ek is en halsoorkop ek optree, maar U ken ook my hunkerende hart na U Vaderliefde;
Here, dalk het ek ‘n te groot hap afgebyt, maar ek weet dat niks vir U onmoontlik is nie;
Here, in absolute vertroue, neem asseblief beheer oor my lewe en wys my die pad.  Ek voel hoe U krag deur my spoel, hoe my gedagtes helder word.  Dankie, Here.  Ek loof en prys U!

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...