Tuesday 10 December 2013

Jy kan God vra

Efesiers 3 : 20 Aan Hom wat deur sy krag wat in ons werk, magtig is om oneindig meer te doen as wat ons bid of dink,
Wanneer laas het jy God uitgedaag… Hom so bietjie probeer toets?  Vra jy sommer klein dingetjies, of vra jy die onmoontlike?  Ek glo verseker dat ons presies kry wat ons vra en as ons voel da tons tekortgedoen is, is dit omdat ons nie groot genoeg vra nie.  Luister na jou eie gebede.  Dis goed om te vra vir kos, beskerming, wysheid, maar dis soos om vir ‘n miljoener twee rand te vra.  Moenie vir God beperk nie.  Dis tyd dat jy besef dat jy ‘n koningskind is.  Die hele wêreld is aan jou voete.  Vra God dit wat totaal en al buite jou bereik is, dit wat jy voor jou siel weet jy nie verdien nie of nie in staat is om te doen nie.  Ek daag jou uit.
Jy mag dalk nie oor die fondse beskik of die regte mense ken nie, maar jy ken die Heerser van die heelal, die Een wat alles gemaak het, die Enigste Een wat oor alle mag en krag beskik, die Een lewe spreek in dooies, die Een wat leeus se bekke snoer…
God staan angstig en wag:  “Vra my… vra my… ek wil jou so graag wys wat ek kan doen.”  En ons keer Hom die rug, want ons vertrou Hom nie genoeg nie.  Wat moet Hy nog doen! 
Kyk na die mense in die Bybel wat God vertrou het.  Elia het gebid dat dit nie reën nie en vir 3 en ‘n halwe jaar het dit nie gereën nie.  Joshua het gebid vir meer daglig en God het die son laat stilstaan. 
Jy kan vriende vra… jy kan op jou eie probeer… of jy kan God vra.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...