Thursday 19 December 2013

Jy kan!

Filippense 4 : 13 Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.
Wanneer ons die geringste teespoed ervaar, glo ons dat ons nie in staat is om te doen wat ons wou doen nie.  En dis waar die groot verskil lê tussen diegene wat sukses bereik en ander wat opgegee het.  Moenie toelaat dat terugslae jou ontspoor nie.  As jy moeg geprobeer is, kyk na Helen Keller.
Helen Adams Keller was ‘n Amerikaanse digter, politieke aktivis en lektrise.  Sy was die eerste doofblinde persoon om’n BA graad in die kunste te verwerf.  Die storie van Helen Keller se onderwyseres, Annie Sullivan, wat haar van algehele isolasie gered het omdat sy nie kon praat nie, is verewig in die film “The Miracle Worker”.   Annie het haar leer kommunikeer deur woorde in haar hand te spel toe sy vir haar ‘n pop gebring het en die woordjie “doll” op haar handpalms getrek het.  As erkende skrywer, het Helen baie gereis, onder andere na Japan waar sy baie gewild was.  Sy was  uitgesproke oor die oorlog en het haar beywer vir vroueregte.  Sy’t selfs presidente ontmoet soos Lyndon B Johnson en bekendes soos Alexander Graham Bell, Charlie Chaplan en Mark Twain.

Helen se deursettingsvermoë en die feit dat sy ‘n vol lewe gelei het ten spyte van haar gestremdheid is ‘n absolute inspirasie en bewys dat niks ons kan terughou as ons op God vertrou vir krag nie.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...