Sunday 1 December 2013

Klein toetsies

Deuteronomium 28 : 1-2  As jy goed luister na die Here jou God en jy gehoorsaam al sy gebooie wat ek jou vandag gee, en jy lewe daarvolgens, sal die Here jou God jou oor al die nasies van die aarde stel.  As jy luister na die Here jou God, sal al hierdie seëninge oor jou kom en jou lewe verryk

God beloon diegene wat Sy wil soek.  Elke keer dat jy versoeking weerstaan en die smal weg volg, hoe moeilik dit ook al is, sal Hy jou beloon.  Leer om met die geringste dingetjie gehoorsaam te wees, want as jy die klein toetsies slag, raak die groottes al makliker.  Dis nie ‘n kwessie van gehoorsaam nou en eendag sal jy geseën word nie.  Nee, gehoorsaam en al hierdie seëninge kom oor jou lewe.  Hoekom dan so sukkel?  Lees God se Woord en vra na Sy wil.  Kry wysheid by Hom.  Vra vir krag om die versoekings te weerstaan en jy sal oorvloediglik geseën word.


Hy het groot planne vir jou.  Daar is nuwe geleenthede wat wag om geopenbaar te word, nuwe vlakke van sukses op elke moontlike vlak van jou lewe, genesing, restorasie, bevordering.  As jy getrou is, betree jy Sy domein en word jy alles wat Hy beplan het jy moet wees.  Moenie jouself terughou nie.  Ondersoek jou lewe en neem vandag die eerste tree tot algehele gehoorsaamheid.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...