Monday 2 December 2013

Seisoene

Levitikus 26:4  …sal Ek vir julle reën gee op die regte tyd, sodat die lande oeste sal lewer en die bome vrugte sal dra.

God het vir elkeen van ons seisoene in ons lewens daargestel.  Ons kan so maklik gefrustreerd raak as ons drome nie bewaarheid word nie.  Ons wil nou ons sin hê.  ‘n Boer kan nie sommer net saai wanneer dit hom pas nie.  Daar is ‘n tyd om te ploeg, dan saai jy, dan moet dit reen en as alles perfek saamwerk breek oestyd aan.   
Ploegtyd is wanneer God jou op areas wys wat jy moet ondersoek.  So berei Hy ons voor vir bevordering.  Soms kom die reën, soos nou in Noordwes, nie op die regte tyd nie, dan moet jy wag.  Maar na ‘n droogte, kom die reën altyd weer.  En dan moet jy gereed wees.  Dis tye van oorvloed.  Sorg dat jou implemente, saad, tyd, alles staan om te saai. 
Nou kom die wagtyd.  Geduld.  Baie dinge kan die oes bedreig, so dalk is dit ‘n maer oes.  Bly altyd positief en vertrou God.  Dalk is dit ‘n jaar van oorvloed met goeie oeste.  Dis hoekom ons ook moet wegsit vir die maer jare. 

Soos God destyds vir sy mense reën op die regte tyd gestuur het, sal Hy dit vandag ook in jou lewe doen.  Wees gereed, want die sluise van die hemel gaan oopgemaak word.  Sorg dat jy gereed is vir die voorspoed wat op pad is.  Hy sal elke droom bewaarheid wat Hy in jou hart geplaas het – droom groot!

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...