Sunday 8 December 2013

Nelson Rolihlahla Mandela 18 Julie 1918 – 5 Desember 2013

Johannes 8 : 7  Toe hulle aanhou om Hom te vra, het Hy regop gekom en vir hulle gesê: “Laat die een van julle wat 'n skoon gewete het, eerste 'n klip op haar gooi.”
Ons het geweet hy is siek en dat hy al aanstap in jare, tog was sy dood ‘n skok.  Dit is so asof hy die pa was wat die familie bymekaar gehou het.  En onbewustelik wonder jy of die familie nou uitmekaar gaan spat. 

Jy stem nie vir die ANC nie en jy glo dalk dat hy ‘n terroris was wat die regering destyds omver wou  werp en stel nie noodwendig in sy lewe of dood belang nie.  Nie een van ons kan egter ‘n klip optel om hom te stenig nie.  I.p.v haat het hy liefde en vergifnis betoon en na versoening gestreef.   

Een feit staan soos ‘n paal bo water;  dat hy geliefd en bemind was oor die wêreld heen.  Grotendeels omdat hy die vermoë gehad het om in mense se harte te kruip.  Dink maar aan 1995 en die nommer 6 trui of sy besoek aan Betsie Verwoerd.

Of jy met hom saamstem of nie, jy moet erken hy het leier eienskappe gehad met die vermoë om uit die tronk of ‘n hospitaalbed te lei. 

Ek hou van dit waarvoor hy gestaan het na 1994, sy charisma, sy integriteit.

My gebed is dat huidige en toekomstige leiers Nelson Mandela se drome vir Suid-Afrika sal onthou en respekteer.  En dalk, wie weet, net dalk het hulle iets van hom geleer. Rest in peace, Tata Madiba.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...