Monday 9 December 2013

God weet hoe om verlore tyd in te haal


Joel 2 : 25  Ek sal julle vergoed vir die tyd van sprinkaanswerm op sprinkaanswerm toe my groot leër wat Ek teen julle gestuur het, julle verteer het.

As daar nou een iets is waarvoor God bekend is, is dit vir Sy wonderwerke, Sy verrassings element, Sy anderse denke.

Hy kan jou vervelige of onaangename omstandighede op sy kop kan keer.  Jou kinderjare kan nie verander word nie, maar jou toekoms kan absoluut rooskleurig wees.  Soveel so dat jy nooit weer daaraan sal terugdink nie. 

Jy mag dalk voel asof jy jare vermors het in ‘n verhouding en die res van jou lewe in eensaamheid sal moet slyt, net om die mees fantastiese persoon te ontmoet wanneer jy dit die minste verwag. 

Jy mag dalk jare lank ‘n lojale werker gewees het, wat ekstra ure ingesit het, maar altyd oorgesien is met bevordering en dan, uit die bloute, kry jy ‘n werksaanbod waarvan meeste net droom. 

Jy mag dalk nie sien hoe jy ooit jou drome gaan verwesenlik nie, maar dit beteken nie dat dit nie moontlik is nie.   God weet hoe om verlore tyd in te haal.  Die sprinkane het jou oes tot nou verniel, maar weet verseker, God gaan jou meer gee as wat jy verloor het.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...