Wednesday 28 May 2014

Ode vir 'n boer



Joel 1 : 17  Die saad lê verskrompel onder die kluite, die graanskure lê verlate, die skure lê afgebreek, want die koringoes het misluk.
Om ‘n boer te wees, vereis moed, deursettingsvermoë en ‘n groot liefde vir die grond en diere.

As daar nie droogte is nie, dan is daar vloede, of plaasmoorde.  Hoe dit ookal sy, boerdery is beslis iets wat jou nederig hou.

Boerdery vereis verseker ook sterk geloof. Wanneer jy daardie saad saai,hoop jy jou tydsberekening is perfek sodat die reën op die regte tyd sal kom om die saad te laat ontkiem en dat daar uiteindelik ‘n goeie oes sal wees.

Min mense dink seker ooit twee keer wanneer hulle eiers, melk, vleis of vrugte en groete koop aan die boer wat, deur die genade van God, voorsien.  Ons sien nie hoe hulle vroeg opstaan om die diere te versorg of hoeveel bemesting en plaagdoders nodig is om die produk te verskaf nie. Ons sien nie die hartseer as diere slagpale toe moet gaan nie.  En ons salk nooit die vreugde sien oor die geboorte van ‘n lammetjie nie.  Party kinders het dalk nie eens ‘n idee dat melk van ‘n koei af kom nie.

Laat ons hul onthou en bid vir hul veiligheid en dat hul in geloof sal vorhard om te boer sodat ons nie hongersnood hoef te vrees nie.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...