Sunday 25 May 2014

Rugstekers



Matteus 26 : 15  en gesê:  “Wat sal julle my gee as ek sorg dat Jesus in julle hande kom?” Hulle het hom toe dertig silwermuntstukke betaal.

Die onlangse verkiesings is ‘n goeie voorbeeld van ‘n alledaagse verskynsel, waarteen ons byna immuun geraak het - rugstekery.  Politici het min, indien ooit, iets goed oor hul opponente te sê.  Om die waarheid te sê floreer hul juis op mekaar se swak punte of foute en steek mekaar, sonder om te blik of te bloos, in die rug.

Ongelukkig kan ons nie ons hande in die lug gooi en vra:  “Wat word van die mensdom nie?”, want dit is iets wat al eeue lank met ons is.  Judas is seker die een rugsteker wat ons almal oor wonder.  Jesus was nie ‘n vreemdeling of opponent vir hom nie;  hulle het soveel tyd saam deurgebring, saamgewerk vir dieselfde saak, en tog het hy nie gehuiwer om ‘n geldjie te maak uit ‘n onskuldige man nie.

Ons kan egter by Jesus leer hoe om so ‘n saak te hanteer.   Jesus het homself nooit verdedig nie, hy’t Judas nooit tydens sy ‘verhoor’ as verraaier uitgemaak nie.  Tog het Judas nie skotvry daarvan afgekom nie, want sy skuldgevoelens het te veel geword vir hom en hy’t sy eie lewe geneem nadat diegene wat hom betaal het nie eens die geld wou terugneem nie.

Laat hulle wat jou tenakom gaan.  Ek weet dit is moeilik, want die menslike natuur dwing ons om kwaad met kwaad te vergeeld, maar die wraak kom ons nie toe nie. 

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...