Monday 26 May 2014

The Heavenly Man



Filippense 4 : 13  Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee.

Paulus kan getuig van teleurstellings en beproewings.  Hy het ‘n nag op die oop see deurgebring, was ‘n skipbreukeling en het vir dae sonder kos gegaan.  Verder is hy vals beskuldig, gemartel en in die tronk gegooi. 

Broer Yun, is ‘n Chinese prediker,wat ook a.g.v. sy geloof in ‘n tronk beland het.  Net soos Paulus het hy nie gekla nie, maar geglo dat dit ‘n geleentheid is om die woord te verkondig.  In sy eie woorde aan diegene wat vir hom gebid het:  “Moenie oor my bekommerd wees nie, ek sal presies so lank hier wees as wat ek hier moet wees.”  Hy is tot sewe jaar tronkstraf gevonnis, maar God het hom na sewe maande en sewe dae vrygelaat, want sy taak was voltooi en daarom het die tronkdeure oopgegaan.  Lees gerus sy verhaal “The heavenly man”. Sy storie vertel hy om die ware Heilige Man te vereer, Jesus Christus.  In sy woorde:   ”It is not great men who change the world, but weak men in the hands of a great God.

Ons laat onsself so gou onderkry en gaan sit sommer gou in ons hoekie met die eerste teestand wat ons ervaar.   Dink jy dit is omdat Paulus of Broer Yun beter Christene as ek en jy is? Nee, beslis nie.  Al verskil is dat hulle God op Sy Woord geneem het.  Wat jou stryd ook al is, maak Filippense 4 : 13 jou mantra.  “Ek kan, want God gee my die krag.”  As jy negatiewe gedagtes in jou kop herhaal, raak dit jou realiteit.  Genadiglik is die teenoorgestelde ook waar vir positiewe gedagtes.  Binnekort gaan jy terugkyk op hierdie tyd en ook kan getuig van die krag van "The Heavenly Man" in jou lewe.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...