Tuesday 1 July 2014

Kinders

1 Johannes 3 : 7 Liewe kinders, moenie dat iemand julle mislei nie

Ouers wil net die beste vir hul kinders hê.  Ongelukkig kan ‘n ouer net soveel vir ‘n kind doen, daarna is hul op hul eie.  Daar kom ‘n tyd dat daardie klein bondeltjie wat jy vertroetel het, ‘n eie identiteit ontwikkel en hul vlerke sprei.  Maats/vriende of ‘n meisie/kêrel word hul vertroueling en het ‘n groter invloed op hul as wat jy as ouer ooit kan hê.  

Dis nie omdat jy ‘n slegte ouer is of nie ‘n verhouding met  jou kind het nie, dis bloot dat kinders maklik beinvloedbaar is en ten alle koste wil inpas so hul luister eerder na vriende.  En soos ons as ouers maar is, wil ons hul reghelp en hoe meer ons probeer , hoe meer vyandig raak hul teenoor jou.

Gelukkig is dit meesal net die storm en drang periode, daardie tyd dat hul hulself probeer vind.  Meeste ouer/kind verhoudings oorleef dit en daarna het jul ‘n beter verhouding as ooit tevore. Kind grootmaak is nie maklik nie, en al het hul dieselfde ouers, verskil kinders ook en sal dieselfde opvoedingsmetode nie vir al jou kinders werknie.  

As ouers kan ons net sorg dat die fondasie ferm is, dat hul weet dat God hul anker is.  Niks berei jou ooit voor op daardie oomblik dat jy moet laat gaan nie, maar jy moet.  “If you love something,set it free. If it comes back to you, it’s yours.  If it doesn’t, well then it never was.”


Veels geluk met jou verjaardag, seun.  Al is jy vandag ‘n man, sal jy altyd my ‘seun’ bly.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...