Sunday 3 August 2014

Die Tekens

Markus13 : 7  Wanneer julle van oorloë hoor, hier naby en daar ver, moenie paniekerig raak nie.  Hierdie dinge is bestem om te gebeur, maar die einde sal nog nie dadelik daarna kom nie.  Nasies en koninkryke sal teen mekaar oorlog verklaar.  Daar sal wydverspreide aardbewings wees;  daar sal hongersnood wees.  Hierdie dinge sal nog maar net die begin van die swaarkry wees.  Vers 12  Kinders sal teen hulle ouers optree en so hul dood veroorsaak.

Dit wat in Markus staan, is wat ons daagliks van hoor deur middel van die media. En dis nie maar net mense wat nie met mekaar oor die weg kom of verskriklike dade pleeg nie, dis alles tekens van Sy wederkoms.

Oorloë is sinneloos en uiteindelik is daar geen wenners nie en tog bly dit voortduur. Vrede- ooreenkomstes word geteken, maar dit word nie nagekom nie.

Danksy die media lees ons al meer van kinders wat verantwoordelik is vir hul ouers se dood – iets wat ondenkbaar is, maar ook dit is tekens.

Die goeie nuus van genade vind ons in vers 20: Om die waarheid te sê, as God nie ingryp en daardie tyd van swaarkry verkort nie, sal niemand dit oorleef nie.


God sal nie Sy kinders onnodig laat ly nie, maar ons moet aanvaar dat hierdie dinge, hoe onverstaanbaar ook al, deel is van Sy groter plan.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...