Monday 25 August 2014

Sy geweldige ontsteltenis



Markus 14 : 33  Toe pak ‘n geweldige ontsteltenis en benoudheid Hom en Hy sê vir hulle:  “Ek is benoud tot sterwens toe!”
As daar een teks is wat my hartsnare roer, dan is dit hierdie teks.  Jesus het geweet wat op Hom wag.  Hy is gebore as baba en het as jongman grootgeword en as mens die aarde bewandel en daarom het Hy ook die vrese van ‘n gewone mens ervaar, maar Hy het iets meer geweet… daar is geen omdraai nie… hierdie taak moes deurgevoer word.
Tog vra Hy vir God:  “vers 35 …as dit moontlik was, die verskriklike uur wat aan die kom was, by Hom sou verbygaan… vers 36 … vir U is alles moontlik.  Neem tog hierdie beker van lyding van My weg.  Maar Hy weet ook dat die versoek eintlik futiel is… Hy moet sterf om ons te verlos… en daarom die volgende woorde in vers 36:  “Maar doen nogtans nie wat Ek wil nie, maar wat U wil. 
Wanneer ek hierdie gedeelte lees, besef ek die volle omvang van Sy opoffering en lyding.  Dis wanneer jy besef dat Hy waardig is om te aanbid, dat Hy die Seun van God is en dat Hy aan die regterhand sit van waar Hy vir ons intree omdat Hy weet hoe dit hier op aarde is… Hy was immers hier.
Dankie Jesus dat U, ten spyte van U eie vrees, vir my sondes aan die kruis gesterf het.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...