Spreuke 13:22 'n
Goeie mens laat 'n erfenis na ook vir sy kleinkinders; die besittings van die
sondaar kom in die hande van die regverdige.
Môre vier ons Erfenisdag. Alles wat ons vandag doen, sal ons kinders eendag die gevolge van dra… goed of sleg.
Dis nogal ‘n groot verantwoordelikheid. Erfenis gaan nie net oor besittings nie, maar
oor daardie dinge wat geld nie kan koop nie.
As ons water mors, kan daar ‘n waterskaarste wees…
As ons nie na ons wilde diere omsien nie, sal hul eendag net van hierdie diere lees
of hul in ou TV programme sien, maar nie weet hoe dit voel om bv. ‘n reuse olifant
binne meters van jou te sien beweeg of in hul sielvolle oë te kyk nie… As ons
onverantwoordelik met die omgewing omgaan, gaan ons kinders ‘n groot gemors erf…
en so kan ek aangaan.
Vir baie van ons is môre braaidag.. dis ook deel
van ons erfenis en tradisie. Tradisie is
net so belangrik. Elkeen kan onsself
afvra wat ons doen om vir ons kinders en kleinkinders ‘n wêreld na te laat
waarop hul trots kan wees, of gaan ons dalk eendag baie skuldig voel omdat ons
nie meer vir die omgewing gedoen het nie. Die horlosie kan nooit teruggedraai word nie, maar dis ook nooit te laat nie. Begin vandag om 'n verskil te maak.
No comments:
Post a Comment