Matteus 25 : 40 En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit
verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie
broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’
Met ons erediens vanoggend
het ons dominee oor hierdie teksgedeelte gepreek.
Ons glo dat ons gelowig en
gered is wanneer ons in God glo, maar in hierdie gedeelte (sowel as verskeie
ander tekste) sien ons dat ons dade teenoor ons naaste, wat ons nie altyd as
ons naaste wil erken nie, net so belangrik is.
Geloof sonder dade is betekenisloos.
Dit beteken dat ons sal
moet moue oprol en ‘n helpende hand uitreik waar ons kan… dat ons vir diegene
wat ons neus voor optrek, sal moet water, kos of skuiling moet gee. Die feit dat mense ons ‘n rat voor die oë
draai met valse voorwendsels om geld uit ons te kry, is nie ons probleem nie…
daaroor sal hulle eendag moet rekenskap gee.
Ons moet ons egter deur die Gees laat lei en nie wegkyk nie.
Dalk is dit iets waarmee jy
sukkel, maar realiteit is dat ons nie onsself
‘n Christen kan noem as ons nie vir ons naaste omgee nie. Ons naaste is ook nie net diegene van wie ons
hou of met wie ons graag omgaan nie… Ons
kan egter vra dat God ons help en lei om te sien waar ons iemand kan help.
Besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za
Skakel
in op www.radiodisa.com 'n internet Radiostasie wat jy op jou selfoon of
rekenaar sal vind. Elke Maandagaand van 18h00 - 20h00 bring ek vir jou
o.a. "Memories are made of this", musiek van toeka tot nou.
19h00 Wat sê die Woord?, 19h10 Gedig Voorlesing, 19h15 Spaar of Spandeer en
19h30 Dr Gerhard Kotze met die Aandboodskap.
No comments:
Post a Comment