Matteus 8:10 Jesus was verwonderd toe Hy dit hoor, en Hy
sê vir die mense wat agter Hom aan gekom het: “Dit verseker Ek julle: Ek het nog by niemand in Israel so 'n groot
geloof teëgekom nie.
‘n Les in geloof - Die
Charles Blondin Storie – skrywer onbekend
Charles Blondin was ‘n
beroemde Franse waaghals wat hoog bo die grond op ‘n styfgespande tou geloop
het, sonder enige veiligheidsnet. Dit op
sigself is ‘n illustrasie van geloof en selfvertroue.
Op 14 September 1860 was hy
die eerste persoon wat op een van hierdie styfgespande toue oor die magtige
Niagaravalle geloop het. Mense het van
heinde en verre gekom om hom te sien. Hy
het verskeie keer heen en weer oor die valle gestap en elke keer op ‘n ander
doodsveragtende manier bv. met ‘n fiets, geblinddoek, terwyl hy ‘n stoof gedra
het, ‘n kruiwa gestoot het en hy’t selfs ‘n omelet in die middel staan en kook! Die skare was in vervoering en het telkens na
hul asems gesnak.
Op een stadium vra hy of
daar enige vrywilliger is wat sal instem dat hy hom/haar oor die valle dra of
in ‘n kruiwa stoot. Alhoewel mense hom
luid toegejuig het en mekaar aangepor het, het niemand die moed gehad of na
vore gekom nie.
Hierdie ware verhaal
demonstreer wat geloof regtig is. Die
skare het hom verskeie kere, op verskeie maniere op die tou oor die valle sien
loop, so hulle het geweet en gesien dat hy in staat is om dit te doen, maar
hulle was nie bereid om hul geloof tot aksie te laat oorgaan nie.
Dis presies dieselfde met
ons. In die Bybel lees ons van Jesus se wonderwerke
en ons aanskou dit daagliks nie net rondom ons nie, maar ook in ons eie lewens…
en tog twyfel ons steeds aan Hom en Sy vermoëns… ons is nie bereid om ons lewe
en toekoms in Sy hande te plaas nie!
Getuig jou optrede van jou
vaste vertroue in Hom, of twyfel jy soms?
Dink jy partykeer dat dit nie iets is waarmee jy God kan pla nie of het
jy soms net nie die moed om Hom te vra nie?
Skakel
in op www.radiodisa.com 'n internet Radiostasie wat jy op jou selfoon of
rekenaar sal vind. Elke Maandagaand van 18h00 - 20h00 bring ek vir jou
o.a. "Memories are made of this", musiek van toeka tot nou. 19h00 Wat sê die Woord?, 19h10 Gedig Voorlesing, 19h15 Spaar
of Spandeer en 19h30 Dr Gerhard Kotze met die Aandboodskap.
Besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za
No comments:
Post a Comment