Maleagi 3:18 Dan
sal julle weer die verskil sien tussen wie goed doen en wie goddeloos is,
tussen wie My dien en wie My nie dien nie.
Billy Graham is in Januarie
2000 uitgenooi na ‘n middagete ter ere van homself. Hy was huiwerig om die uitnodiging te aanvaar
omdat hy alreeds Parkinsons gehad het,
maar op die ou end het hy tog gegaan.
Toe hy die podium betree om
‘n paar woorde te spreek, het hy na die gehoor gekyk en gesê dat die dag hom
herinner aan Albert Einstein, die beroemde fisikus wat daardie selfde maand
deur ‘Time Magazine’ vereer is as ‘Man of the Century’. Hy vertel toe verder die staaltjie van
Einstein wat van Princeton per trein gereis het en toe die kondukteur by hom
kom, kon hy nêrens sy kaartjie vind nie.
Einstein het paniekerig in elke sak gesoek, maar die kondukteur het hom
gelukkig herken en gesê dat dit in orde is, want hy weet wie hy is en hy’s
seker dat Einstein wel ‘n kaartjie gekoop het.
Die kondukteur het aanbeweeg, maar opgelet dat Einstein onder die
sitplek ingebuk het, steeds op soek na sy kaartjie. Weereens het hy Einstein verseker dat dit in
orde is, hy weet wie hy is en hy glo dat hy wel ‘n kaartjie gekoop het, waarop
Einstein toe antwoord: “Jong man, ek
weet ook wie ek is, maar ek het geen idee waarheen ek op pad is nie.”
Die gehoor het natuurlik
lekker gelag, waarna Billy Graham voortgegaan het. “Julle sien die pak klere wat ek aanhet, dis
splinternuut. My kinders het gesê dis
tyd vir ‘n nuwe pak klere… dat ek te verslons lyk. So ek het ‘n nuwe pak gaan koop vir vandag en
nog ‘n baie spesiale geleentheid. Weet
julle wat daardie geleentheid is,” vra hy?
“Dit is dieselfde pak klere
waarin ek begrawe gaan word, maar wanneer jul van my afsterwe hoor, wil ek nie
hê dat julle terugdink aan my nuwe pak klere nie. Ek wil hê dat julle onthou dat ek nie net
geweet het wie ek is nie, maar dat ek ook geweet het waarheen ek op pad is.”
Daar was baie blink ogies in
daardie gehoor en ‘n paar koppe het gesak.
Is dit nie ‘n wonderlike vergelyking nie?
Hoe gaan mense jou
onthou? Is jou lewe ‘n demonstrasie van
wie jy is en waarheen jy op pad is?
Skakel
in op www.radiodisa.com 'n internet Radiostasie wat jy op jou selfoon of
rekenaar kan vind. Elke Maandagaand van 18h00 - 20h00 bring ek vir jou
o.a. "Memories are made of this", musiek wat mooi herinneringe
terugbring. 19h00 Wat sê die Woord?, 19h10 Gedig Voorlesing, 19h15 Spaar
of Spandeer en 19h30 Dr Gerhard Kotze met die Aandboodskap.
Besoek gerus die webblad:www.watsediewoord.co.za
No comments:
Post a Comment