Sunday 19 October 2014

Bachus



Genesis 9:21 Hy het wyn gedrink en dronk geword
Vergryp jy jou ook aan drank?  Draai jou hele lewe om drank?  Kan jy nie wag om by die huis te kom en daardie drankie weg te slaan nie? 
Jesus het self water in wyn verander, maar hy het homself nooit aan drank vergryp nie.  Drank is ‘n afgod in menige huishouding.  ‘n Hele week of maand se salaris word aan Bachus geoffer.  Huweliksgeluk word op die altaar geplaas.
Dis ironies dat ‘n alkoholis altyd sy/haar drinkgewoontes sal probeer regverdig.  Hulle drink gewoonlik net iets om te ontspan... hulle is altyd by die huis en lê nie in kroeë rond nie… hulle pla niemand nie… totdat drank alle inhibisies laat verdwyn en daarmee saam jou selfrespek sowel as ander se respek vir jou.
Menige kind of eggenoot sal jou verseker dat jou ‘onskuldige’ drankie, hul harte breek.  Wanneer jy drink, is jy of in jou eie wêreldjie, of jy dwing jouself aan ander op en soek skoor.
Hoe hartseer is dit dat ‘n grootmens nog ‘n fopspeen nodig het om hul teen die aanslae van die lewe te beskerm.  Neem vandag ‘n besluit dat drank nie langer jou lewe gaan beheer en regeer nie.  Vra God om jou te verlos van die drankduiwel.
Om ‘n CD te bestel of ‘n dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za


Skakel in op www.radiodisa.com 'n internet Radiostasie wat jy op jou selfoon of rekenaar sal vind.  Elke Maandagaand van 18h00 - 20h00 bring ek vir jou o.a. "Memories are made of this", musiek van toeka tot nou.  19h00 Wat sê die Woord?, 19h10 Gedig Voorlesing, 19h15 Spaar of Spandeer en 19h30 Dr Gerhard Kotze met die Aandboodskap.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...