Thursday 16 October 2014

Goliat



1 Samuel 17:4  Toe kom daar 'n baasvegter uit die laer van die Filistyne uit. Sy naam was Goliat en hy was afkomstig uit Gat. Hy was drie meter lank.
“King Saul thought Goliath was too big to fight… David thought he was too big to miss” ~Unknown
Waarvoor is jy vandag bang?  Is daar ‘n Goliat in jou lewe waarteen jy moet opstaan?  Miskien is daardie Goliat jou baas… miskien is hy die boelie by die skool… miskien is dit jou lewensmaat wat jou fisies of emosioneel afknou… miskien is dit skuldeisers…
Moenie dat jou probleme drogbeelde word wat jou bangmaak nie.  Toe Dawid na Goliat gegaan het, het hy goed geweet die reus is baie groter as hy, maar hy het dit as ‘n pluspunt gesien, want hy’t geweet Wie is aan sy kant.  Jy sien, klein tengerige Dawid op sy eie was soos ‘n miertjie voor Goliat, maar Dawid met die Almagtige God aan sy kant, het nie eens beskermende kleredrag nodig gehad nie… net 5 klippies en sy God.
Ook jou reus se pak is op pad.  God is aan jou kant en as jy na Hom roep, hoor Hy jou noodkrete en sal jou roepstem nie onbeantwoord bly nie.  Jy moet God egter vertrou en toelaat om die arena saam met jou te betree.  Jy kan dit nie op jou eie doen nie.  Net as jy waarlik sterk is, erken jy jou eie swakheid.
Om ‘n CD te bestel of ‘n dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...