Levitikus 5:5 Wanneer hy in enige
van dié gevalle te wete kom dat hy skuldig geword het, bely hy dat hy gesondig
het
Word jy gekniehalter deur skuldgevoelens? Dit kan wees dat jy voel dit wat jy gedoen
het, is onvergeeflik en soms kan jy selfs voel asof jy jouself nie eens kan
vergewe nie.
Daardie gevoelens kan jou verewig weerhou om die lewe in sy volheid te ervaar. Om te weet jy’t verkeerd gedoen, is een
ding. Om ware berou te hê en te weet,
met ‘n diepe sekerheid, dat God jou vergeef het, is ‘n ander ding, maar dit is
moontlik. Jy hoef nie vir altyd te boet
vir een verkeerde daad nie.
Die feit dat jy nog steeds daaraan dink en dit knaend herkou, beteken
dat jy nog nie Sy vergifnis aanvaar het nie. Wanneer jy ware berou het nadat jy
God daarvoor gevra het, dan is ware vryheid joune. Dit is omdat God nie kwaad teen jou sal hou
of ou koeie uit die sloot sal uitgrawe as Hy jou eers vergewe het nie. Die aanhoudende skuldgevoelens is die sak wat
jy nie wil laat los nie. Hoekom moet jy vasklou aan dit wat God al lankal
vergeet het? Aanvaar Sy genade met
grasie.
Dis iets wat ons by God kan leer.
As ons iemand vergeef, moet ons dit vir altyd uitwis, want dit is wat
ware vergifnis beteken.
Om ‘n CD te bestel of ‘n
dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za
No comments:
Post a Comment