Wednesday 1 October 2014

Dra mekaar



Galasiërs  6:2  Dra mekaar se laste, en gee op dié manier uitvoering aan die wet van Christus.
Elkeen van ons het seker al ‘n oomblik beleef waar ons, ons maskers opgehad het.  Dink maar aan ‘n dag waar jy bietjie siek voel en iemand vra hoe dit gaan.  Partykeer antwoord ons maar net beleef, “goed dankie,” maar ons is ver van goed-voel af.
Miskien ervaar jy vandag een van daardie maskertye… Of jy nou ‘n liefdesteleurstelling gehad het, of ongelukkig is in jou werk… of jy nou vanoggend jou humeur verloor het met jou man of kinders… of jy dalk iewers op pad werk toe ontstel is… of dalk is jy bekommerd oor jou eie of ‘n familielid se gesondheid…
Hoe dit ook al sy, soms is dit goed om eerlik te wees wanneer iemand jou vra hoe dit gaan; om sommer net jou masker te laat sak en te sê: “Weet jy, dit gaan glad nie goed met my vandag nie.”  Jy hoef nie altyd al die persoonlike besonderhede te deel nie, maar jy sal dalk verras wees deur iemand na aan jou se deernis. 
Ons is so bang om onsself as ‘mens’ bloot te stel.  Glo my alle mense kry swaar of seer.  Mense beleef almal een of ander tyd eina tye.  Jy hoef nie altyd voor te gee dat alles wel is nie.  Robin Williams was iemand wat ander laat lag het, tog het hy soveel hartseer binne hom rondgedra.  
Gedeelde hartseer word gehalfeer, gedeelde vreugde verdubbel. Dra mekaar… deur die goeie, sowel as die moeilike tye.
Besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...