Thursday, 2 October 2014

Mens vs Dier



Genisis 1:26  Toe het God gesê: “Kom Ons maak die mens as ons verteenwoordiger, ons beeld, sodat hy kan heers oor die vis in die see, die voëls in die lug, die mak diere, die wilde diere en al die diere wat op die aarde kruip.”
Verwaarloosde perde of donkies wat karretjies rondsleep terwyl hul geslaan word en so moeg, honger of dors is dat jy kan sien hulle sukkel om een poot voor die ander te sit, is maar net een van die wreedhede wat mense teenoor diere pleeg. 
‘n Klein hondjie of katjie is tog te skattig, maar later word daardie selfde oulike ou dingetjie sonder water of kos gelaat, of nog erger, aan ‘n draad of tou vasgemaak en oorgelaat aan die elemente.
Hoe kan mense dit aan diere doen?  Ons het soveel regte, maar saam met elke reg, kom daar ‘n verantwoordelikheid.  Die feit dat God ons oor die dier aangestel het, beteken nie dat ons hul mag mishandel of verwaarloos nie. 
Konfronteer jy diegene wat diere verwaarloos of mishandel, of laat jy hul daarmee wegkom?  Dit is tyd dat ons optree soos verantwoordelike rentmeesters.
Besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...