Sunday, 5 October 2014

Sonder vrees



2 Samuel 7:10 Ek het 'n woonplek aan my volk Israel gegee en hom gevestig, sodat hy sonder vrees in sy plek kan woon. Slegte mense sal hom nie meer verdruk soos voorheen
Vrees is so deel van ons lewe deesdae.  Nie almal kan emmigreer nie, maar meeste dink daaraan of praat af en toe daaroor.  Politiek en die ekonomie is alreeds genoeg om jou keel te laat toetrek, maar dit hou nie daar op nie.  Moord, verkragting, plaasaanvalle, werkskaarste... is elke dag deel van ons verwysingsraamwerk. 
Dan kry jy ‘n teksgedeelte soos hierbo wat jou bemoedig met die besef dat God hierdie land aan ons almal gegee het en dat Hy steeds in beheer is. Te midde van onsekerheid en benoudheid, kom God en Hy stel jou en my vandag gerus. 
Ons kan net aanhou bid dat God Sy hand oor ons en ons land sal hou… dat Hy gemoedere sal bedaar… dat Hy geleenthede oor ons pad sal bring om mekaar te leer ken en sodoende beter te verstaan… dat ons mekaar ‘n plekkie in die son sal gun… dat ons sal vergewe en vergeet.
Wanneer ons hierdie beloftes in die Woord lees, is dit Sy manier om ons te verseker dat Hy ons nie alleen laat nie.  Al wat ons moet doen, is om Hom te loof en prys vir Sy goedheid en te dank vir Sy genadeliefde oor Suid-Afrika.

Om ‘n CD te bestel of ‘n dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...