Monday, 6 October 2014

'n Maat



Genesis 2:18   Verder het die Here God gesê: “Dit is nie goed dat die mens alleen is nie. Ek sal vir hom iemand maak wat hom kan help, sy gelyke.”
Van kleins af droom meeste dogtertjies van ‘n prins op ‘n wit perd wat haar eendag gaan kom haal… van daardie dag dat hulle ewige trou aan mekaar gaan beloof… en vir ewig gelukkig saam sal leef… van kindertjies en ‘n huisie propvol liefde. 
Met ‘n tienerseun wat rooi hakskeentjies begin kry, weet ek dat seuns ook droom oor daardie spesiale iemand wat hul in die oog het.  Almal soek ‘n maat… iemand wat jou sal bemin sonder enige voorbehoud… iemand vir wie jy in alle opsigte hul droomman of droomvrou sal wees.
Tog is daar soveel eensame mense rondom ons.  In my vriendekring is daar alleenlopers van beide geslagte, by die werk is daar heelwat geskeides of ongetroudes… mense wie se keuse dit nie was om alleen te wees nie, maar vir wie die liefde bly ontwyk.
In Genesis sien ons dat dit God se plan is dat die mens nie alleen moet wees nie.  Dus wil ek jou bemoedig om God te vertrou om jou met ‘n spesiale maat te seën.  Ek glo vas dat jy ook daardie maat moet begin visualiseer en alreeds voor jou geestesoog sien hoe julle ontmoet.  Bedank God nou reeds vir hom/haar.  Maak ‘n punt daarvan om positief te dink oor die oomblik wat binnekort gaan aanbreek wanneer julle van aangesig tot aangesig gaan staan en jy daardie vlinders in jou maag gaan ervaar.  So geniet jou laaste dae van vryheid, want binnekort gaan jy jou hele lewe met iemand baie besonders deel. 

Besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...