Josua 23 : 5 Die Here julle God
sal hulle wegstoot voor julle en hulle voor julle uit verdrywe sodat julle
hulle land in besit kan neem soos die Here julle God julle beloof het.
Almal van ons het hindernisse of reuse in ons lewens wat
verhoed dat ons, ons ‘beloofde land’ betree.
Meeste van tyd bestaan hul slegs in ons gedagtes, maar ons blaas hul op
deur aanhoudend daaroor te tob. Eintlik
het ons net twee keuses, ons kan ‘n slagoffer van hierdie gedagtes word, of ons
kan besluit om eenvoudig te besluit dat ons onsself nie gaan laat intimideer
deur hulle nie, maar eerder daadwerklik daarteen baklei. Wyk satan!
Volgens die Bybel het die kinders van Israel kamp opgeslaan
binne stapafstand van die Beloofde Land.
God het hul alreeds verseker dat dit aan hul behoort. Al wat hul moes doen, was om dit binne te
gaan; daarvoor te veg. Maar toe die 12
verspieders terugkom en vertel hoe groot die opponente is, het hul, in hul
gedagtes, alreeds die geveg verloor. Dit
was ondenkbaar om te wen as jou opponente groter en sterker as jy is en daarom
het hul verskonings begin uitdink soos...
die Kanaaniete is te groot… of te veel… hulle gaan ons doodmaak… ons het
nie ‘n kans nie… Hul denke was hul grootste struikelblok; die rede waarom hul gebly
het waar hul is en nie dit wat vir hul gewag het, gaan opeis het nie. So is hul afgetrek tot op ‘n punt waar hul
verslaan was nog voor die geveg begin het.
Liewe vriend(in), sien jy dalk jouself in die prentjie? Die ‘geveg’ wat jy vandag moet veg, is in
jou kop. Verander jou denke sodat jy God
se beloftes kan opneem. Dink eerder gedagtes
van oorwinning, positiewe gedagtes, wat jou situasie omkeer. Verklaar dat jy ‘n oorwinnaar is, lank voor
jy die arena betree. Terwyl jy hierdie
stryd in jou kop omdraai, sal jy sien hoe die situasie verander en hoe jy jou
‘beloofde land’ betree.
No comments:
Post a Comment