Thursday, 20 November 2014

Oorvloed




Genesis 17 : 2  Ek sal my verbond met jou sluit en baie, baie mense uit jou laat voortkom.”

God is ‘n God van oorvloed.  Dit maak nie saak wat, of hoe groot jou behoefte vandag is nie, God gaan vir jou veel meer gee as wat jy jouself ooit kan voorstel of waarvoor jy gevra het.

Ons lees in Die Bybel dat God die voetstappe van vier mans laat klink het soos die van ‘n hele bataljon.  Die vyand het holderstebolder op vlug geslaan, vas oortuig dat ‘n bataljon op pad is terwyl dit slegs vier mans se God-gerigte voetstappe was.  Moeilik om te glo, maar dit is waartoe God in staat is.

God kan jou aansien, jou talente, jou inkomste, jou hoop, jou nageslag sodanig vermenigvuldig dat dit alle verstand te bowe sal gaan. Jy mag dalk minderwaardig voel, maar God kan jou selfvertroue herstel.  Jy mag dalk platgeslaan voel, God kan jou op oplig.  Jy mag dalk hartseer wees, God kan jou weer met vreugde vul.  Jy mag dalk siek wees, God kan jou genees.  Jy hoef nie uit te werk of te verstaan hoe dit ooit kan gebeur terwyl jy is waar jy is nie… glo net.  As jy elke dag opstaan met die gedagte dat God vandag dinge in jou guns laat draai, dan sal dit gebeur.  Hy sal jou voorspoedig maak en op elke vlak in jou lewe seën.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...