Monday 8 December 2014

Asof jy dit vir My doen



Psalm 25 : 40  En die Koning sal hulle antwoord: ‘Dit verseker Ek julle: Vir sover julle dit aan een van die geringste van hierdie broers van My gedoen het, het julle dit aan My gedoen.’

Hoe volwasse jy is, sal uitkom in die manier dat jy mense hanteer wat absoluut niks vir jou kan doen nie.  Dis maklik om ons baas ordentlik te behandel, want hy hou die beursie vas en hy kan dalk sorg vir bevordering.  Dis net so maklik om gaaf te wees met die gewilde kinders op skool, want dan is ons deel van daardie gesogte binnekring.   Maar wanneer ons volgens Sy standaarde leef, sal ons goed doen aan almal, selfs die mees onbelangrikstes wat ons pad kruis.  Wanneer jy die skoonmaker of ongewilde persoon bevriend, dit is wanneer God glimlag.  As jy dit aan hulle doen, is dit asof jy dit aan Hom doen.  Sal jy God ooit sleg behandel?

In plaas van verby die sekuriteitswag te stap asof hy nie bestaan nie, groet hom vriendelik.  Spreek hom aan asof hy die CEO van die maatskappy is.  Ons bou God se koninkryk een lewe op ‘n slag.  Betoon liefde daagliks en raak ander se lewens saggies aan.  Demonstreer Jesus se liefde en leef die verlossingsboodskap deur jou dade uit.  Hoe meer jy na ander uitreik, hoe meer gaan dit soos ‘n boemerang na jou terugkom.  En so gaan jy oormatige, Goddelike seën,  beleef.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...