‘n Ware verhaal deur
Josh & Karen Zarandona
Brenda is deur vriende uitgenooi om te gaan rotsklim. Alhoewel sy bang was, het sy saam met die
groep na ‘n allemintige graniet rots vertrek.
Ten spyte van haar vrees, het sy die nodige toerusting aangetrek en die
toue stewig vasgevat terwyl sy stadig teen die rots begin uitklim het. Sy’t tot by ‘n lysie gevorder waar sy so ‘n
oomblikkie kon asem skep. Terwyl sy daar
hang, breek die een tou en slaan haar so hard teen haar oog dat haar kontaklens
uitval.
Wel, daar hang sy
bo ‘n rotslysie, met honderde meters bo en onder haar. Natuurlik het sy probeer kyk of sy die
kontaklens kan sien, maar daar was niks.
Haar sig was erg aangetas en desperaat begin sy bid dat God haar sal
help om die lens te vind terwyl sy haarself verder boontoe hys.
Bo gekom, het
haar vriende gehelp soek na die lens, hopende dat dit dalk iewers aan haar
klere vassit, maar sonder enige sukses.
Mismoedig het sy gaan sit en wag dat die res van die groep tot bo kom.
Op daardie
oomblik dink sy aan ‘n teksgedeelte in Die Bybel (Spreuke 15:11 Vir die Here is die
doderyk en die onderaardse diepte nie verborge nie, hoeveel minder die gedagtes
van mense) en begin bid: “Here,
U sien al hierdie berge. U ken elke klip
en blaar. Ek glo U weet presies waar my
kontaklens is. Help my asseblief om dit
te vind.
Uiteindelik het
die groep teen die berg begin afstap.
Onder was daar ‘n ander groep wat gereed gemaak het om na bo te
klim. Een van hulle roep uit: “Hi julle… het een van julle dalk ‘n
kontaklens verloor?”
Kan jy jou
indink? Die enigste rede hoekom die
klimmer dit gesien het, was omdat ‘n mier stadig met die lens oor ‘n rots voor
hom beweeg het.
Blykbaar was
Brenda se pa ‘n spotprent kunstenaar.
Toe sy hom van hierdie wonderwerk vertel, het hy ‘n prentjie geteken van
‘n mier wat ‘n kontaklens dra wat groter as hyself is, met die volgende woorde
daarby: “Here, ek weet nie hoekom U wil
hê dat ek hierdie ding moet dra nie. Ek
kan dit nie eet nie; dis ongelooflik
swaar, maar as dit is wat U wil hê, dan sal ek dit dra.”
It would
probably do some of us a lot of good to occasionally say,
"God, I don't know why you want me to carry this load. I can see no good in it
and it's awfully heavy. But, if you want me to carry it, I will."
"God, I don't know why you want me to carry this load. I can see no good in it
and it's awfully heavy. But, if you want me to carry it, I will."
God doesn't
call the qualified, He qualifies the called.
GOD is my source of existence and my Savior.
He keeps me functioning each and every day.
GOD is my source of existence and my Savior.
He keeps me functioning each and every day.
"I can
do all things through Christ which strengthens me."
Philipians 4:13
Philipians 4:13
No comments:
Post a Comment