Psalm 75 : 6 – 8 Moet jou nie teen die hemel verhef en
aanmatigende dinge sê nie.” Verheffing kom nie uit die ooste of uit die weste
of uit die woestyn nie! Nee, dit is God
wat verneder of verhef, Hy is die regter!
Jy kry mense wat heeltemal anders optree wanneer hulle hul
in die geselskap van iemand bevind wat vir hul deure kan oopmaak. Sodra hul in kontak kom met iemand wat
invloedryk of welaf is, ondergaan die mense ‘n hele gedaanteverwisseling. Sommige praat selfs in ‘n ander stemtoon! Hulle kan hulself nie keer nie.
Ek glo dat die manier waarop ons ander behandel, ‘n toets
is. Daar gaan mense jou pad kruis, wat
jy op sigwaarde voel, niks vir jou in die sak kan bring nie, maar hierdie mense
is uiters belangrik in jou geloofslewe.
En dis juis waar die toets lê.
Gaan jy hul ignoreer of neerhalend hanteeer net omdat hul niks vir jou
kan doen of beteken nie?
Feit is dat sommige mense wel vir jou kan deure oopmaak,
maar hul hou nie die sleutel tot die ewige lewe nie. Hulle is nie noodwendig diegene wat die smal
pad saam met jou sal stap nie. Deure wat
regtig saakmaak kan vir jou deur die mees onwaarskynlik mense oopgemaak
word. Die bedelaar, die skoonmaker, die
bleeksiel op skool, die ongewildste kollega… die onsigbares vir sommige. Dis hulle wat God gebruik. Die kuns is om almal te hanteer asof Jesus
hul persoonlik op ons pad geplaas het, want Hy het waarskynlik. Jy weet nooit wie Hy gaan gebruik om jou te
verhef nie en onthou… slegs God verhef.
No comments:
Post a Comment