Spreuke 17 : 22 'n Vrolike mens
is 'n gesonde mens...
Elkeen van ons worstel met ons eie demone. Party stry teen die
drankduiwel, ander sukkel met hul gesondheid. Tania Hess was maar 29
jaar oud toe borskanker by haar gediagnoseer is. Sy glo dat kanker
floreer op negatiwiteit, daarom het sy 'n wilsbesluit geneem om
positief te bly te midde van dit waardeur sy gegaan het. Toetse,
operasies, chemo, haar hare wat uitval, naarheid... alles het sy met
'n positiewe gesindheid deurgegaan. Sy het eerder gefokus op'n gesonde dieet sodat sy enige terugslag kan afweer.
Kanker is nie kieskeurig nie. Of jy nou oud of jonk, mooi of lelik,
pienk of pers is... kanker slaan toe waar hy die kans kry.
Waarskuwing is daar selde en ons almal reken dit gebeur net met
ander.
My wens is dat Tania se verhaal jou hoop sal gee en dalk jou
ingesteldheid teenoor jou eie beproewing sal verander. Wees positief
en 'n inspirasie vir ander. Verlede jaar het dit vir my gevoel ek
kom net met kankerslagoffers in aanraking. As dit nie 'n kollega was
nie, dan was dit 'n familielid. Elkeen van hul het my egter laat
skaam voel omdat ek my gesondheid as vanselfsprekend aanvaar het. Ek
het ook besluit om nie meer oor enige pyn of skeet te kla nie, want
daar is mense wat veel erger deurgaan en steeds vreugde uitstraal.
As jy 'n kankerstryd voer, bid ek dat God jou sal ondersteun en dra.
Ook dit sal verbygaan. (met erkenning aan Kuier)
No comments:
Post a Comment