Psalms 130:4 Maar by U ís daar vergifnis: daarom word U steeds
gedien.
Vergifnis:
‘n Klein woordjie; maklik om uit
te spreek, maar moeilik om uit te leef.
Meer as wat nodig is, laat ons toe dat iemand
anders se optrede of uitsprake ons vreugde kelder. Gister het iemand een sin geuiter, wat my
hele denke en wese sedert daardie oomblik oorheers het. Ek kon nie ophou om die woorde oor en oor
terug te speel en ontleed nie. Dit was
allesoorheersend, Dwarsdeur die nag het dit my wakkergehou en vanoggend terwyl
ek kospakkies voorberei vir my gesin, was dit selfs erger, want toe was ek op
die stadium waar ek begin wraakgedagtes koester. Ek gaan dit doen en dan sal die persoon so
voel en dan gaan ek dat sê en my punt bewys.
Al my gedagtes het gesetel rondom die manier hoe ek daardie persoon wou
terugkry en goed op haar plek sit. Deur
middel van die Heilige Gees, het God my egter bewus gemaak van my denke en
optrede… dis nie hoe ‘n Christen sulke situasies hanteer nie. Ek het ook besef dat daardie persoon se een
sin my vir hopeloos te lank gehou gevange gehou het. Dit het beslis nie soveel tyd en aandag verdien nie en die feit dat ek dit
toegelaat het, het niks aan die situasie verander nie. Van die oomblik dat ek besef het my optrede
is verkeerd, dat ek haar gaan vryspreek, het ek absolute vryheid ervaar.
Het iemand jou dalk iewers in die verlede
tenagekom? Herkou jy ook steeds
daaraan? Oorheers dit ook jou
denke?
Jesus het nie een enkele keer kwaad met kwaad
vergeld nie. Tot op die laaste oomblik
aan die kruis, het Hy nog ‘n sondaar langs hom vrygespreek. Hy’t in vrede gesterf… dit is volbring.
Gooi die kettings af en leef ‘n lewe van
vergifnis.
No comments:
Post a Comment