Monday 1 June 2015

Rykdom

Spreuke 11 : 28  Wie op sy rykdom staatmaak, kom tot ‘n val;  wie regdoen, floreer soos groen blare aan ‘n boom

Rykdom, welvarendheid, sukses… dis tog hoekom ons hier op aarde is.  Ons moet immers die muntstukke wat ons ontvang het vermeerder.  Ja, ons is rentmeesters en ons moet woeker met ons talente, maar dit beteken nie dat ons mammon moet aanbid nie.

Geld gaan vir niemand ‘n plek in die Hiernamaals verseker nie – dit weet jy self.  Om die waarheid te sê, Jesus het self daarna verwys hoe moeilik dit vir ‘n ryk mens sal wees om die koninkryk van God te betree.


Ons mag sukses behaal en dit waarmee ons toevertrou is, vermeerder, maar ons moet ook dit wat ons het gebruik om reg te doen.  Rykdom ten opsigte van goeie dade is veel beter as rykdom aan geld.  God verwag van ons om goed te doen… om ons naaste lief te hê en dit is seker nie maklik as jy ryk is nie.  Jy voel dalk dat ander net sit en wag vir gawes in plaas van self uit te spring of jy voel dat mense jou net ken as gevolg van wat jy vir hul kan doen of beteken.  Laat die oordeel maar aan God oor.  Doen jy net goed met dit waarmee Hy jou geseën het.  God gee met ‘n milde hand, maar Hy kan dit ook oornag wegneem.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...