Tuesday 11 August 2015

Wat God besluit, sal gebeur

Jesaja 14 : 24 & 27  Die Here die Almagtige het 'n eed afgelê: Soos Ek My voorgeneem het, so sal dit wees, wat Ek besluit het, sal gebeur. Die Here die Almagtige het dit besluit; wie sal dit kan verydel?

Hierdie is nie ‘n ‘goeie nuus’ hoofstuk nie.  God is op die oorlogspad omdat die Assiriërs Sy volk tenagekom het.  God spreek harde woorde en Hy draai beslis nie doekies om nie.

In die tekste is daar twee boodskappe.  Die een is dat jy jou nie hoef te wreek op diegene wat jou tenakom nie.  Hulle pak is op pad.  Wanneer God genoeg gehad het, het Hy genoeg gehad en dan wil jy nie aan die ontvangkant van Sy toorn wees nie.  Keer dus die ander wang en verdra die onreg, al is dit ook hoe moeilik.  Reg en geregtigheid seëvier altyd.

Die tweede boodskap is dat niemand God kan keer nie.  Indien Hy Hom voorgeneem het dat jy geseën of gestraf moet word, afhangende van watter kant van die skaal jy jou bevind, dan sal dit gebeur.

Indien jy dus op God vertrou om jou uit ‘n situasie te red, kan jy verseker wees dat Hy jou nie in die steek sal laat nie.  Hy seën diegene wat hul vertroue in Hom plaas. 


Indien jy nie na Sy roepstem luister nie… wel… ‘Brace yourself!”

1 comment:

  1. As ons liefde in ons harte, sal die god ons seën met vrede in ons lewens, gee ons die krag om die opdragte wat ons nodig het om te groei in die lig en wysheid te oorkom.

    Ghost e Bindi

    ReplyDelete

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...