Tuesday 19 January 2016

Probleme en uitdagings gaan verby



2 Korintiers 4 : 17  Ons swaarkry in hierdie lewe is maar gering en gaan verby, maar dit loop vir ons uit op 'n heerlikheid wat alles verreweg oortref en wat ewig bly.

Jy gaan deur hel op hierdie oomblik.   Alles is deurmekaar.  Niks wat jy aanpak wil uitwerk nie.  Jy weet nie meer herwaarts of derwaarts nie.  

Onthou net een ding:  probleme en uitdagings is tydelik. Ek weet dit voel soos ‘n ewigheid en dit sou veral help as ons weet wanneer dit sal beter gaan, maar dis die enigste versekering wat ek jou kan gee.  Dit sal verbygaan.  In vergelyking met die ewigheid, is die tye waardeur ons worstel, net ‘n klein onderbreking in die groter plan. Wanneer jy sterk staan in hierdie moeilike tye, bou jy karakter en bou jy eintlik aan ewige glorie.

As jy vandag vasgevang is in ‘n moeilike periode, kyk na God.  Hy is die begin en voleinder van alles. Dit wat Hy in jou begin het, gaan Hy nie halfklaar los nie.  Hy is saam met jou die storm in, en Hy sal saam met jou anderkant uitkom.  Al wat jy moet doen is om jou hart te open en woorde van geloof en oorwinning te spreek.  Herinner jouself daaraan dat jou probleme net tydelik is en verklaar dat jou vertroue en hoop op Hom is.  Voor jy jou oe uitvee is jou probleme net ‘n slegte herinnering.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...