Wednesday 2 March 2016

Wyn



Spreuke 20 : 1  Wyn maak jou tong los. Sterk drank maak jou lawaaierig. Hy wat hom aan drank vergryp is nie verstandig nie.

As jy enigsins aan die effek van te veel drank getwyfel het, hoef jy nou nie meer daaraan te twyfel nie.  Dit is bevestig in die Woord.  

Die probleem lê nie by drank nie, maar by die individu wat hom of haar daaraan vergryp.  Dit verbaas my altyd dat party mense nie hul maat ken as dit by drank kom nie.  Daardie selfde persoon sal sy sente twee keer omdraai, maar as dit by drank kom, is daar geen logika nie.  

Almal kan gewoonlik die probleem sien, behalwe die drinker.  In die drinker se oë is diegene wat hom/haar in toom wil hou pretbederwers.

Moeilik om te verstaan totdat jy lees dat dit onverstandig is om jou aan drank te vergryp.  Iemand wat drink dink nie meer logies nie. 

Wanneer drink jy te veel?  Wanneer jy alleen die enigste een is wat jou drinkery geniet.  Drank vervreem jou van alles en almal.  Daar is genoeg redes hoekom jy jouself nie aan drank moet vergryp nie, maar die belangrikste is dat jy dit besef, want niemand kan namens jou ophou drink nie.


No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...