1 Korintiërs 6 : 20 Julle is gekoop, en die prys is betaal. Julle moet God dus in julle liggaam
verheerlik.
As daar gratis
monsters in die winkel uitgedeel word, storm almal om daarvan te kry. Wanneer daar ‘n uitverkoping is, is daar ‘n
samedromming van mense.
Hoekom gryp meer
mense dan nie die kans aan om gratis hemel toe te gaan nie? Die kaartjie is immers meer as 2000 jaar gelede
betaal en in jou naam uitgereik.
Weet jy
wat dit gekos het? Niemand van ons sou
dit kon bekostig nie, maar danksy die onverstaanbare genade van God, het Hy
deur Sy seun, Jesus Christus, vir ons met Sy kruisdood die prys volledig
betaal.
No comments:
Post a Comment