Sunday 22 January 2017

Moenie bang wees nie

Jesaja 49 : 10  Moenie bang wees nie, Ek is by jou, moenie bekommerd wees nie, Ek is jou God. Ek versterk jou, Ek help jou, Ek hou jou vas, met my eie hand red Ek jou.


Hierdie is nie 'n vers wat jy nog nooit gelees het nie, maar een wat jy vandag baie nodig het.  Hoekom jy bang of bekommerd is, dit weet net jy en God en daarom kom hierdie vers vandag na jou.  Hoe weet God juis vandag dat jy Hom nodig het?  Hy weet dit omdat Hy by jou is in hierdie oomblik van nood.  

Niks sal gebeur nie, want Hy is daar en Hy is nie passief nie.  Hy gee jou krag, help jou, hou jou vas en as dit nodig is, spring Hy in en red jou.  

Die lewe is vol bekommernisse en gevare, dit weet ons maar te goed.  In die normale verloop van die lewe het jy God dus nodig, meer as ooit tevore. 

Iemand kan daar wees vir jou elke dag, maar wat regtig saak maak, is as die persoon daar is as jy hom of haar nodig het.  Dit is presies wie God is.  Hy is nie 'n mooiweersvriend wat net daar is vir jou wanneer jy Hom in elk geval nie nodig het nie (met respek gesê) / wanneer dit goed gaan... nee, Hy is in alle omstandighede daar.

Jy kan hierdie dag met nuwe moed tegemoet gaan, wel wetend dat God almagtig jou beskerm.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...