Monday 23 January 2017

Glo... glo...glo

Romeine 4 : 18  Toe daar geen hoop meer was nie, het Abraham nog gehoop en geglo, en so die vader van baie nasies geword volgens die belofte: “So sal jou nageslag wees.”


Hoe dikwels bid ons en hoop dat God ons gebede sal beantwoord en dan gebeur daar niks nie.  Ons verwag dat God elke gebed sal beantwoord, maar ons is nie bereid om aan te hou glo tot Hy antwoord nie.  

Al die 'odds' was teen Abraham.  Nie net was hy self al 'n gevorderde ouderdom nie, maar ook sy vrou, Sara, was alreeds verby haar vrugbare jare. Die kanse dat hy 'n eie kind by Sara sou hê, was medies gesproke min of meer nul in die tyd dat hul geleef het.  Vir kunsmatige inseminasie of surrogaat ouerskap sou Abraham nog min of meer 2000 jaar moes wag.  Geen wonder Sara kon die 'giggles' nie keer nie toe sy hoor dat sy sou swanger word nie.

Dis maar een van vele bewyse in Die Bybel waar God die onmoontlike moontlik maak.  God se belofte het gerealiseer en ek kan my nie eens die vreugde van hierdie ouerpaar voorstel nie.  

Jou geloof wankel dalk ook vandag, maar weet gerus dat God ook in jou lewe die onmoontlike kan laat gebeur.  Wanneer jy wil ophou glo, bid dat God jou geloof sal versterk en druk deur.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...