Sunday 14 January 2018

Jy moet verander

2 Korintiërs 5:17  Iemand wat aan Christus behoort, is 'n nuwe mens. Die oue is verby, die nuwe het gekom

In n wêreld wat oorloop van selfsug, het ek twee voorbeelde die naweek teëgekom van ware naasteliefde.

Hierdie tyd van die jaar vind die Dakar plaas.  Stephane Peterhansel het al 29 keer deelgeneem waarvan hy 13 wedrenne gewen het.  Tydens die 7de skof tref Stephane n rots en daar is groot skade aan sy motor.  Hy staan langs die pad en probeer kyk wat hy kan doen.  Sy spanmaat, Cyril Despres, stop en sê vir hom dat hul moet kyk watter parte van sy motor hy dalk kan gebruik sodat hy die wedren kan voltooi.  Kyk net hoe selfloos tree Cyril op.  Almal skryf tog in om te wen, vir eer en geld.  Hier is sy geleentheid om die veteraan te klop.  Cyril dink egter nie net aan homself nie.  Hy help vir Stephane en die kan die wedren voltooi.

Ek hoor ook van die man in Indië wat as kind deur n tier aangeval is.  Byna die helfte van sy gesig is weg en vreeslik vermink.  Vir jare word hy gespot en eenkant toe gestoot en dan kry hy die geleentheid om oorweeg te word vir rekonstruktiewe behandeling.  Die dokter waarsku hom dat dit pynlik gaan wees en dat hy bereid moet wees om n jaar lank in die hospitaal deur te bring.

Arm soos hul is, besef die man dat sy gesin nie n jaar lank sonder hom sal oorleef nie en hy wys die geleentheid van die hand om eerder vir sy gesin te sorg.

Hierdie twee voorbeelde laat ons n bietjie dink.  Wat sou ek gedoen het in dieselfde situasies? Hoe tree ek teenoor ander op?  Gaan dit net oor myself, of plaas ek ander eerste.  Hoe kan ons God se gebod van naasteliefde uitleef as ons die middelpunt van ons eie bestaan is?  As ons bo-oor ander loop en net aandag aan hul sal gee as ons iets uit hul kan kry.

Dalk is dit tyd om n bietjie dieper te kyk na elke situasie en jouself af te vra:  Is hierdie nie dalk n geleentheid om naasteliefde te betoon nie?  Dit mag iets klein wees soos om iemand voorkeur in die verkeer te gee, of vir die bedelaar te glimlag.  Moet egter nie voortgaan met jou ou patroon nie.  Laat toe dat God jou verander, dat jy ‘n nuwe mens word.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...