Tuesday 16 January 2018

Laat God bestuur

Romeine 1 : 12  En nou doen ek 'n beroep op julle, broers, op grond van die groot ontferming van God: Gee julleself aan God as lewende en heilige offers wat vir Hom aanneemlik is. Dit is die wesenlike van die godsdiens wat julle moet beoefen.

Ons dominee het Sondag ‘n boodskap gelewer wat vir my so treffend was, dat ek dit graag met jou deel.  Ek dink wat die boodskap regtig huis toe gebring het was dat hy dit gedemonstreer het met ‘n analogie oor die bestuur van ‘n motor.  So hierdie boodskap is dan nie my eie.  Ek gee erkenning aan Ds Reynold.  Dis ‘n boodskap wat ons leer om alles in God se hande te laat.

Onthou jy nog toe jy leer bestuur het?  Die persoon wat jou geleer het, was seker banger as jy, want hy of sy het geen beheer oor daardie voertuig gehad.  So moet ons leer om beheer oor te gee, maar party van ons doen dit nie.  Ons kry dit nie reg nie.  Vir party van ons is God nie eens in die prentjie nie.  As jy die analogie van die motor verder neem, staan God buite die motor.  Hy wil saamry, maar ons laat Hom nie in ons lewens toe nie.  In ander gevalle moet ons erken dat ons agter die stuur sit en God langs ons.  Dis lekker om God naby te hê en te kan raad vra of vir hulp wanneer ons hom nodig het bv God, help met my finansies… God, my huwelik is in ‘n krisis… God, help asb, ek het verbrou, maar weet U kan my hier uitkry…  Ons klou egter aan die stuurwiel en sleutel vas.  En hoekom wil ons nie laat gaan nie?  As ons eerlik moet wees, is dit ten diepste omdat ons God nie vertrou nie.  Skokkend, maar waar.  As ons God wel vertrou, sal ons Hom toelaat om die stuurwiel te neem.  Hy ken die pad, die slaggate, die beste roete… Ons het absoluut niks om te verloor nie.


Tot my skande moet ek erken, dat ek baie keer die sleutels afneem en self bestuur en God in die passassiersitplek laat.  Maar ek was bly dat Ds Reynold die skille van my oë laat val het. Van daardie oomblik het ek my voorgeneem om volkome oor te gee. God is aan die stuur en ek sit gerieflik langsaan.  En weet jy, sedert daardie oomblik, slegs 2 dae gelede, is my lewe soveel meer georden en val alles eenvoudig in plek.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...