Tuesday 20 March 2018

'n Kwessie van perspektief


“A truly happy person is one who can enjoy the scenery on a detour…”  ~ Anonymous

Partykeer werk ons weldeurdagte planne nie uit nie en dan is ons teleurgesteld.  Een ding moet ons egter besef, die lewe is nie ‘n reis met ‘n vasgestelde reisplan nie.  Dit is eerder ‘n avontuur waar jy selde weet wat volgende op jou wag.  Die goeie nuus is dat God goeie planne vir ons het volgens Jeremia 29 : 11. Vir die wat glo, werk alles uiteindelik ten goede mee.

Sommige dele is amper vervelig, maar dan kry jy daardie tye waar jy moet klou vir lewe en dood.  Partykeer bevind jy jouself in dorre woestyne en ander kere weer in ‘n tropiese paradys.  Langs die pad ontmoet jy verskeie mense.  Party sal saam met jou reis en as jy gelukkig is, ontmoet jy daardie een spesiale reisgenoot wat die pad enduit stap en jou reis die moeite werd maak.

Natuurlik sal jy ook diegene teëkom wat jou uitput en beproef.  Hulle dreineer jou met hul negatiwiteit of soms irriteer hulle jou net sonder dat hul enige iets doen.  Ander wil jy baie graag by jou hou, want hul bou jou op en laat jou verlang om in hul geselskap te wees. 
Enige reisiger verdwaal soms.  Dis egter nie altyd ‘n probleem nie, want soms ontdek jy weggesteekte juweeltjies en as jy terugkyk is jy eintlik dankbaar vir die foutjie.  Ja, ons maak foute en neem verkeerde besluite (afdraaie)… ons lees die kaart van die lewe verkeerd, maar dikwels kyk ons met ‘n glimlag terug en erken dat die reis die moeite werd was. 

Dit is alles net ‘n kwessie van perspektief.  Hoe kyk jy na die lewe?

"As jy nie die hele pad wil aandurf nie, waarom hoegenaamd wegtrek?"  ¬ John Namath

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...