Wednesday 14 March 2018

Ontdek jouself

Rut 2 : 3  Sy het toe geloop om in die land te gaan are optel agter die graansnyers aan. Sy het uitgekom by dié deel van die land wat behoort het aan Boas, die familielid van Elimelek.                 

Rut se lewe was besig om uitmekaar te val. Haar man was dood. Sy het haar tuiste in Moab verlaat en was nie welkom in haar nuwe tuisdorp, Betlehem, nie. Sy was besig om te probeer oorleef en het die beste van 'n slegte saak probeer maak deur net genoeg bymekaar te maak sodat sy kon oorleef. Maar God het besluit om dinge onderstebo te draai. Die snyers het aspris handevol graanare op haar pad laat val. Sy het begin om onverdiende gawes op te tel. Hoekom? Want Boas het haar sien straal en vir sy werkers gesê: "julle moet ook van die are op die grond laat val. Sy mag dit optel," (Rut 2:16). Selfs al het Boas nooit self met Rut gepraat nie, het sy steeds sy seën ontvang.

Hierin lê 'n belangrike les:  Jy weet nie wat God oor jou lewe gespreek het nie, maar skielik verander alles!  Deure gaan oop, geleenthede kom oor jou pad, mense wat jy gedink het jou nie eers raaksien, of van jou hou nie, begin om goedgunstig teenoor jou op te tree. Wat is besig om te gebeur? Jou voetstappe word gerig deur die Here (sien Ps. 37:23).

Toe die Israeliete in die Beloofde Land ingegaan het, het God vir hulle gesê: “Ek gee aan julle "wingerde wat jy nie geplant het nie," (Deut. 6:11). God kan jou in situasies plaas waar ander die werk doen en jy die voordeel daaruit trek. Jy hoef nie eers bekommerd te wees of jaloers te word op iemand omdat jy dink iemand anders gaan dit kry wat aan jou behoort nie, want niemand behalwe jy kan dit bymekaarmaak nie.

Rut het een doel nagestreef en haarself skielik in 'n ander een 'bevind'. Toe Boas haar naam geroep het, het sy uit die agtergrond uitgestap na die voorgrond van seën. In plaas daarvan dat sy in die hoekie op die landery moes werk, het sy nou haar eie landerye besit.

Wanneer God begin beweeg, gebeur alles vinnig. Wees gereed!

(Outeur onbekend)

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...