Tuesday 13 March 2018

Wie hoort in jou lewe?


Rut 1:16,  Maar Rut het geantwoord: “Moet my tog nie dwing om van u af weg te gaan en om om te draai nie, want waar u gaan, sal ek gaan; waar u bly, sal ek bly; u volk is my volk; u God is my God;                  

Rut het vir Naomi gesê: "Waar u gaan, sal ek gaan." Jy kan jou lewe op enige plek saam met enigiemand deurbring terwyl jy enigiets doen, en dan skielik iemand ontmoet met wie jy 'n spesiale band voel. Dit is wat Elia laat besluit het om op te hou boer en vir Elisa, 'n eksentrieke profeet, te volg. Dit is waarom Timoteus sy tyd in die geselskap van Paulus, 'n ou man wat binnekort tereggestel sou word, deurgebring het. Jy weet net, jou intuïsie vertel vir jou: "Ek gaan nie my doelwit sonder jou in my lewe bereik nie." Wanneer jy terugkyk, besef jy as jy nie daardie spesifieke persoon ontmoet het, telefoonoproep beantwoord het, of e-pos gelees het nie, sou jy nie vandag gewees het waar jy is nie.

Aan die ander kant: "Orpa het van haar afskeid geneem," (Rut 1:14).

Die feit dat Orpa weggegaan het, maak nie van haar 'n slegte persoon nie. Dit beteken net dat haar deel van die verhaal verby was. Soms moet jy erken dat iemand se rol in jou lewe verby is, anders probeer jy net heeltyd om 'n dooie op te wek. Dawid het vir God gesmeek om sy pasgebore baba se lewe te red. "Hy het aanhoudend [ge]vas, hom terug [ge]trek en op die grond [ge]lê," (2 Sam 12:16). "Maar toe die kind gesterf het, moes hy aanvaar dat hy niks meer kon doen nie, dus "het Dawid opgestaan, gaan was, aangetrek… en hy het geëet" (2 Sam 12:20).

Jy moet erken wanneer iets verby is. As God wil hê dat jy dit moet hê, sal Hy dit vir jou gee. As jy probeer om iets te laat werk en dit werk nie, moet jy sy wil in die saak aanvaar. Staan op, gaan stap, koop vir jouself 'n nuwe uitrusting, gaan eet 'n lekker bord kos en begin weer om te lewe! Moet nooit iemand smeek om teen hulle wil by jou te bly nie.

Die feit dat hulle weggaan is nie per ongeluk nie. Dit beteken net dat God iets beter vir jou (en dalk ook vir hulle) beplan. Vertrou Hom en beweeg vorentoe!

(Outeur onbekend)

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...