Tuesday 3 December 2013

Voorspoed, nie teespoed

Jesaja 61: 7 In plaas van vernedering sal julle twee keer soveel besittings hê as tevore, in plaas van minagting sal julle lof ontvang oor wat julle besit. Julle sal in julle land twee keer soveel besit as tevore en julle sal altyd vreugde hê.
Toe hierdie gedeelte in die Ou Testament geskryf is, het die Israeliete deur ‘n baie moeilike en donker tyd gegaan.  Hulle was gevangenes en is sleg behandel.  God het hierdie woorde gegee om hulle te bemoedig en hoop te gee vir die toekoms.

Die afgelope weke en maande is dalk tyd wat jy nie weer wil oorhê nie.  Teespoed het jou gery en jy is geestelik en emosioneel gedreineer.  Vandag wil God jou d.m.v. hierdie teks hoop gee.  Nie net gaan Hy jou vergoed vir die onreg wat teenoor jou gepleeg is nie, maar Hy gaan jou dubbel gee wat jy verloor het. 

Onthou dat die nag op sy donkerste is voor die dag breek.  Jou toekoms gaan blinker en beter wees omdat God getrou is.  Solank as wat jy bly glo en gehoorsaam bly aan Sy word, sal jy sien hoe Sy beloftes volbring word.

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...