Psalm 42:6
Waarom is ek so in vertwyfeling en waarom kerm ek so? Vertrou op God!
Ds Andries Enslin het ‘n
pragtige boodskap op TV gebring. Dit het
gegaan oor die volk wat slawe in Babel was en gehoop en gebid het vir
verlossing en bevryding. Hulle wou net
van hul slawerny bevry word, en dis te verstane. God wou hê dat hul daar bly vir 70 jaar
sodat hul onder die Babiloniërs kon sendingwerk doen.
Die kern van Ds Enslin se
boodskap het my getref. Soveel keer bid
ons vir een ding, maar God het ‘n ander plan; ‘n plan wat nie noodwendig met
ons plan ooreenstem nie. Ons lewe
sentreer om onsself in plaas daarvan dat ons ‘n slag vir God vra wat Sy wil vir
ons lewe is. Dalk is dit hoekom dit met
ons gaan soos wat dit gaan. Ons ploeter
hardkoppig voort in een rigting, bid en kerm om ons sin te kry, en God staan
aan die teenoorgestelde kant en wag dat ons tot besinning kom.
Binne ons
verwysingsraamwerk skets ons ‘n prentjie waar alles op die ou einde, soos ‘n
goeie storie, ‘n mooi einde het. Dit is
ongelukkig nie altyd hoe die lewe uitwerk nie.
Soms gaan ons teespoed ervaar… Soms gaan ons nie kry waarvoor ons gevra
het nie… Soms gaan ons seerkry… En die
uitkoms is nie altyd God se skuld nie… dis nie asof Hy nie omgegee het
nie. Ons was net nie in harmonie met Sy
wil vir ons lewens nie.
Wanneer ons, ons wil met
God s’n sinchroniseer, dit is wanneer Hy alles in plek laat val.
Besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za
Skakel
in op www.radiodisa.com 'n internet Radiostasie wat jy op jou selfoon of
rekenaar sal vind. Elke Maandagaand van 18h00 - 20h00 bring ek vir jou
o.a. "Memories are made of this", musiek van toeka tot nou.
19h00 Wat sê die Woord?, 19h10 Gedig Voorlesing, 19h15 Spaar of Spandeer en
19h30 Dr Gerhard Kotze met die Aandboodskap.
No comments:
Post a Comment