Monday 13 October 2014

Respek



Efesiërs 5 : 33  Elkeen moet sy vrou so liefhê soos hy homself het, en ‘n vrou moet aan haar man eerbied betoon.
Respek is ‘n klein woordjie, maar dit kan ‘n groot verskil maak.  Dis so maklik om respek te betoon, want dis bloot om iemand te behandel soos wat jy graag behandel wil word.
Binne die huwelik kan daar ‘n afstand tussen huweliksmaats  ontstaan wanneer ons nie meer na mekaar kyk as ons praat nie, maar sommer sulke blaffende bevele in die verbygaan gee of erger nog, sarkastiese of afbrekende kommentaar lewer… wanneer ons eenvoudig nie meer mekaar respekteer nie.  In teenstelling hiermee sal jy hoor hoe twee verliefde mense saggies met mekaar praat terwyl hul in mekaar se oë staar.  Wat het intussen verander? 
Joyce Meyer het gesê dat sy jare lank gebid het dat haar man moet verander en toe antwoord God haar dat sy moet verander. Ons verwag ook dat ons lewensmaat moet verander, soek die balk in hul oog, maar dalk moet ons begin verander.  Jy sal verbaas wees hoe jou maat teenoor jou gaan verander as jy hom/haar met respek en waardering behandel.
Blaas ‘n bietjie respek op die assies van jul huwelik sodat die liefdesvlam weer kan opvlam. 
Besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...