Matteus 7:8 want elkeen wat vra,
ontvang; en elkeen wat soek, kry; en vir elkeen wat klop, sal oopgemaak word.
Mark Twain het gesê: “Die wêreld skuld jou niks; dit was eerste
hier.” Nou wonder ek net, hoekom dink
almal hulle verdien geluk. Die waarheid is – ons verdien niks en tog is
ons geregtig op alles.
Dit maak mos nou nie sin
nie… twee teenoorgestelde pole? Albei
kan egter jou realiteit wees. Dit is so
dat daar baie dinge is wat teen jou kan tel, maar daar is net soveel beloftes
in die mees antieke geskrifte ter wêreld, naamlik Die Bybel, wat blatant
verklaar dat ons alles kan kry wat ons soek.
So, alhoewel jy nie geluk verdien nie, is jy daarop geregtig omdat dit
een van die waarhede in God se Woord is.
Jy kan vandag besluit wie
jy is of wie jy wil wees. Jy is die
ontwerper van jou eie toekoms en… jou huidige situasie is die direkte oorsaak
van besluite wat jy in die verlede geneem, of dalk nie geneem het nie.
Ek wil ‘n verhaaltjie met
jou deel, maar kom ons kom eers ooreen.
Daar is net Een Lewende God (as jy twyfel, vertrou my… as jy Hom nog nie
ken nie, kan ek jou aan Hom voorstel).
Ons almal het een of ander tyd die krag van gebed ervaar.
Nou vir die
verhaaltjie. Daar was ‘n jong seun wat
vir ‘n fiets en ‘n lessenaar gebid het… vir maande aanmekaar. Mismoedig het hy een aand in trane uitgebars
en vir God gevra of Hy dan van hom vergeeet het, al bid hy so getrou. God antwoord toe: “Jy het nog nie regtig vir my gevra nie. Jy’s te vaag.
Watter tipe fiets soek jy? Kleur? Hoevee ratte?
Fabrikaat?… en watter lessenaar soek jy?
Vir studies? Hout, plastiek? Wil jy
‘n stoel ook hê?”
Skielik het die seun
verstaan en het hy begin kyk na verskillende tipe fietse en ook ‘n lessenaar
gesien wat hy graag wou hê. Die keer het
hy vir God spesifieke voorskrifte gehad in sy gebed.
Binne ‘n maand het hy die
presiese fiets gekry, sowel as die presiese lessenaar, een van Fillipynse
Mahoniehout… net soos hy gevra het.
Waarvoor bid jy? Is jy op soek na iemand om jou lewe mee te
deel? Wil jy hê dat jou besigheid moet
groei? Wees spesifiek. Beskryf die tipe lewensmaat wat jy soek. Wees spesifiek oor die tipe kliënte en hoe jy
jou besigheid sien floreer. Skryf dit
neer en visualiseer dit. Vra God nou en
wag.
Jy sal vestom staan. Sodra jy dit gedefinieer het en dit in so ‘n
mate visualiseer dat jy glo dat jy daarop geregtig is, sal dit realiser. Niks plaas so ‘n demper op jou planne as ‘n
gebrek aan geloof of gevoude arms nie.
Maak jouself oop vir groot dinge.
“Vra en jy sal ontvang… soek en jy sal vind…” Ons vra, maar ons soek nie altyd nie. Om te soek is om tot aksie oor te gaan, en
aksie lei tot oorwinning.
Jou wildste drome kan so
bewaarheid word. Het jy genoeg
geloof? God is immers tot ENIGE IETS in
staat… meer as wat ons ooit kan droom.
(Skrywer Onbekend)
Besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za
No comments:
Post a Comment