Wednesday 15 October 2014

Geldgierigheid



1 Timoteus 6 : 10  Geldgierigheid is ‘n wortel van allerlei kwaad
Iemand het gesê:  Geld het niemand nog ooit gelukkig gemaak nie, maar ek is liewer ongelukkig ryk as ongelukkig arm.”  Dis ‘n gesegde waarmee jy ook dalk saamstem.  Realiteit is dat geld werklik nie geluk kan koop nie.  Om bewyse daarvoor te kry, kan jy maar net na die heel rykes en beroemdes gaan kyk.  Meeste van hulle is steeds soekend.  Geluk bly hul ontwyk.
Ja, ons het geld nodig om van te leef en dis immers hoekom ons werk, maar geld mag nie jou afgod word nie.  Die amper paniekbevange drang na meer en meer geld… die obsessiewe versameling van bates… selfverryking ten koste van ander… dit gaan jou nêrens bring nie.  ‘n Groot deel van die bevolking probeer hul lewensstandaard verbeter en sodoende vervang hul die besittings wat hul het met beter of groteres, en dit is ook goed, want ons mag nie die muntstuk wat God vir ons gegee het gaan begrawe nie, ons moet daarmee woeker.  Dit gaan egter oor ons gesindheid. 
Maak ons net aardse skatte bymekaar of gebruik ons daardie aardse skatte om ‘n verskil in ander se lewens te maak?  Geld gaan nie vir jou ‘n kaartjie hemel toe koop of beter verblyf in die hiernamaals verseker nie… jy kan niks saamneem nie.
Om ‘n CD te bestel of ‘n dagstukkie in MP3 formaat af te laai, besoek gerus die webblad: www.watsediewoord.co.za

No comments:

Post a Comment

Inligting

Hierdie blog word reeds sedert 2011 bedryf.  Ek het regtig getrou probeer om gereeld dagstukkies te publiseer.  Daar is egter 'n tyd waa...